Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel knou Kraaie

Pniel knou Kraaie
 
2008-05-29


PNIEL VILLAGERS het Saterdag met ’n pragtige spanpoging die gedugte span van Kraaifontein met 36-21 geklop nadat hulle rustyd reeds met 22-14 voorgeloop het.

Vir die wenspan het die agterlyn goeie aanvalle geloots en met rotsvaste verdediging weinig deurkomkans aan die besoekers gebied.

Die uitblinker vir Pniel was die buitesenter, Stefanus Cedras, wat telkemale die oog gevang het met vlymskerp breekslae. Op die verdediging was hy ook ’n yster. Dit was dus geen verrassing toe Cedras as die speler van die wedstryd aangewys is nie.

Pniel se pak voorspelers het die grondslag vir die oorwinning gelê deur goeie eerstefase balle aan die agterlyn te besorg vanwaar verskeie aanvalle geloots was.

Met die oorwinning, wat vyf ligapunte insluit, behou die tuisspan sy aanspraak op die titel.

Driedrukkers vir Villagers was Claude Voss (2), Bennie Williams, Ricardo Windvogel en Mark Arendse. Ricardo Windvogel het vier doelskoppe en een strafdoel behaal.

Pniel se volgende wedstryd is weg teen Valsbaai.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za