Paarl Hengelklub vaar uitstekend
2008-05-29
TYDENS die onlangse prysuitdeling van die WP Varswater Hengel Assosiasie vir 2007 het Paarl Varswaterhengelklub baie goed presteer. In die B-Liga het Paarl die Beaumont Thomas Beker verower. Paarl het ook algeheel tweede geëindig in die afdeling vir Top Klub. Paarl het ook verskeie individuele prestasies behaal. Elsa Breytenbach het toekennings ontvang vir die beste dames- hengelaar algeheel, die beste dameshengelaar in die B-Liga, 2de plek vir meeste vis in B-liga (88 visse) en ’n 2de plek vir die grootste vis (7,95kg). Christo Saayman junior is aangewys as die top junior vir 2007 en die top junior in A-liga. Hy het ook die meeste vis per persoon gevang (142 visse) en ’n vyfde plek behaal in die WP, wat alle hengelaars insluit. Marissa Breytenbach junior was die top dame in die Junior B-liga en Bianca Breytenbach junior het in dieselfde afdeling derde gekom. Emile Saayman het die grootste Karp (8,61kg Penkop) in 2007 ingepalm en Phillip Theron het die grootste Baber (1,590kg) gevang. In die Paarl Hengelklub het Christo Saayman junior toekennings gekry vir die meeste vis asook die swaarste sak. Hy is ook aangewys as die klubkampioen vir 2007 en die top junior vir 2007. Christo se jonger boetie, Emile, is aangewys as die o.13 kampioen vir 2007. Emile het ook deelgeneem aan die eerste SA Penkop varswaterhengel- kampioenskappe te Bloemhofdam. Die WP span het 4de uit die 10 spanne geëindig, met Emile wat ’n algehele 23ste plek behaal het.
More
News
|