Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Doring in Wellington se vlees

Doring in Wellington se vlees
 
2008-05-29

Jaco van Wyk

ROSES UNITED het tydens Saterdag se derby-ontmoeting met Wellington Rugbyklub, onder oë van ’n reuse skare op Pelikaanpark, ’n sterk aanslag beveg om uiteindelik met 31-14 te seëvier.

Die eindtelling weerspieël egter ’n totale loesing, maar Wellington was halftyd, en met slegs 15 minute se speeltyd oor, met 14-12 voor en het deurgans voortreflike rugby opgedis.

Roses het egter, soos verwag, die bal verwoed rondgegooi en nooit ’n tree teruggestaan vir die manne in groen nie. Roses het sodoende ook verseker dat hulle steeds onoorwonne is in die Boland Premierliga.

Ná Wellington vroeg in die wedstryd aan die stuur van sake was met ’n drie deur Pieter Brynhard, het Roses die een teenaanval na die ander begin loods om terug te antwoord met twee vinnige vyfpunters deur Cornell Hendricks.

Die eerste helfte het egter aan Wellington behoort toe Brynhard, kort voor rustyd, nog ’n drie gaan druk het om sy span met 14-12 te laat voorloop.

Die tweede helfte was gekenmerk aan goeie verdediging en harde rugby, en net toe dit wou voorkom of Wellington se verdediging die deurslaggewende faktor in die skouspel van ’n wedstryd sou wees, het Roses voet in die hoek gesit en hul besoekers gou laat besef dat hulle nie bereid is om sonder ’n geveg te gaan lê nie.

Die laaste 15 minute van die wedstryd het beslis aan Roses behoort. Met sulke veggees, ná Wellington vir die meeste van die helfte die tempo van die wedstryd bepaal het met hul taktiese benadering, kon die wedstryd net aan een span behoort met Roses wat drie vinnige drieë in die laaste kwartier gaan druk het.

Franzil September, Michael Abrahams en Jacquin Jansen was die spelers van Roses wat die bal agter die doellyn geplant het, maar dit het ’n spanpoging geverg om die Wellingtonners so bont te laat staan.

Voorlangs was Roses se uitblinkers September, Randall Hefca en Ignasius Korabie, terwyl Enrico Nortjé en Jacquin Jansen agterlangs uitgeblink het. Aan Wellington se kant moet die hele pak gekomplimenteer word vir hul goeie spel.

In ’n wegwedstryd pak Roses United Saterdag vir Montagu Villagers. Busse vertrek om 10:00 vanaf Klassenstraat, Hillcrest.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za