Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kloovenburg wen tafeldruif wingerdblok-kompetisie

Kloovenburg wen tafeldruif wingerdblok-kompetisie
 
2008-06-05


DIE wenner van die Bergrivier Tafeldruiwe Blokkompetisie van 2007/ 08 is Kloovenburg by Riebeek Kasteel.

Dié wingerdblok-kompetisie is hierdie seisoen in twee streke verdeel om alle produsente die kans te bied om deel te neem.

Die een streek bestaan uit Piketberg, Saron en Halfmanshof, met beoordelings op 30 November verlede jaar.

Streek twee het bestaan uit Paarl, Wellington, Windmeul, Simondium en Riebeek Kasteel, met beoordelings op 7 Desember.

Daar is drie finaliste uit die streke aangewys - Marius Wagener van Kloovenburg, Riebeek Kasteel, Koot Nel van Môrester, Piketberg en Jacques van Niekerk van Watervliet 1, Saron.

Die wenner is tydens ’n spoggeleentheid dié naweek aangekondig te Allesverloren, Riebeek-Wes. Wa- gener was die wenner met Van Niekerk tweede en Nel derde.

Die wenner het weggeloop met ’n pakket van R21 000 terwyl die naaswenners onderskeidelik R12 000 en R6 000 ingepalm het.

Daar is ook ’n addisionele kwaliteitstoekenning met ’n kontantbedrag van R7 000 geborg deur die Perishable Product Export Control Board (PPECB) wat gegaan het aan Marius Wagener.

Hierdie wenner is bepaal nadat druiwe saamgepers uit elke ingeskryfde blok, vir vyf en half weke onder geforseerde verkoeling gehou was.

Daarna is die druiwe ontleed en verskeie kwaliteitstoetse is op die produk gedoen.

Bergrivier Tafeldruiwe verteenwoordig sowat 115 produsente en inskrywings vir bogenoemde kompetisie word ontvang van al elf stre- ke, vanaf Paarl tot Piketberg.




More News
  • Manager did much good work
  • Zandwyk Park goes ahead
  • Rare wines hold their own at auction
  • Multiple awards for Grande Provence
  • Grondkundige kragte saamgespan
  • Fairtrade vloei suiwer by Bosmans
  • Sweet success for Nederburg
  • “TERROIRIST” at Nederburg Auction
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za