Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skitter saam op wynlandgoed

Skitter saam op wynlandgoed
 
2008-06-05


ALMAL word uitgenooi na Nelson’s Creek Wynlandgoed in Windmeul Saterdagoggend vanaf 9:30 tot 13:00 om saam te skitter met “Sappige vroue hét ster-status”.

Kom tamboer baldadig saam met The Drum Café alle stres weg.

Elsabe Aldrich gaan opkikkerdinge gesels. Jeanne Els gaan haar moetleesboek oor depressie, Ligdans, bekend stel.

Luister na Danie Niehaus, Amoré Bekker en Deirdre BarnardVisser en die Kraaie van Wilgenhof.

’n Ete word deur Retha Rix voorberei, met stalletjies vol geskenke.

Drag moet iewers ’n ster wys, want daar is ’n prys vir die “flonkerendste” uitrusting.

Koste is R250 per persoon.

Kaartjiegeld is ten bate van die rehabilitasie van TIK- en ander dwelmverslaafdes in die Wes­Kaap.

Bespreek by Marianna van Niekerk by 083-302-5612.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za