Atmosferiese skilderye uitstalling
2008-06-05
DIE Dorpstraat Galery bied ’n uitstalling van skilderye deur die Kaapse kunstenares, Nora Newton, aan Saterdag 21 Junie om 11:00. Die uitstalling word geopen deur Melissa van Hoogstraten en duur tot 12 Augustus. Nora het reeds op skool kunsopleiding ontvang en daarna het sy grafiese ontwerp aan die Kaapse Technikon gestudeer. Sy het onder bekende kunstenaars en dosente soos Sheri Hornsey, Margi Johnson, Ryno Swart en Marcelle Lyons haar opleiding ontvang. Nora se atmosferiese en sensitiewe skilderye put hul inspirasie uit die natuur met die lig van die vroegoggend of laatmiddag. Besigtigingstye is van Maandag tot Vrydag 09:00 tot 17:00 en Saterdae van 09:00 tot 13:00. Vir meer inligting, skakel 021-887-2256.
More
News
|