Leer praat die taal van die Nama
2008-06-05
’n INLEIDENDE kursus tot die Nama taal het onlangs suksesvol in die Drakenstein-area afgeskop. Deelnemers van sover as Robertson het vir die kursus ingeskryf. Die oogmerk van die kursus is om kursusgangers te help om begrip en waardering van die Nama taal aan te kweek en te verseker dat ’n kosbare taalerfenis nie verlore gaan nie. Die inleidende kursus strek oor vier sessies en elke sessie duur vier ure. Kursusnotas en ’n bykomende CD word aan die einde van die kursus aan kursusgangers gegee om self-leer na die kursus te bevorder. Die volgende sessies vind plaas op Saterdag 14 en 21 Junie by die Distrik Ses Kafee in Kaapstad. Vervoer vertrek om 08:00 vanaf die Drakenstein biblioteek. Vir besonderhede, skakel André Smith by 083-308-9165.
More
News
|