Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteite betaal duur vir drukfoute

Munisipaliteite betaal duur vir drukfoute
 
2008-06-05

Lise Beyers

INWONERS van die Drakenstein- gebied is onlangs stomgeslaan deur ’n Drakenstein munisipale pamflet wat in posbusse gelaat is om Waste Week te bevorder.

Derduisende van dié pamflette is dwarsoor Drakenstein versprei, teen ’n beraamde ontwerp-, druk- en verspreidingskoste van ten minste R30 000.

In beide die Engelse en Afrikaanse geskrif is 33 spel- en drukfoute. Dit is onbekend hoeveel foute in die Xhosa-seksie van die pamflet is.

Die pamflette is gedruk deur Intermedia drukkers, wat ’n noue affiliasie met die munisipaliteit het.

’n Mede-eienaar van die maatskappy, Wayne Brink, is ’n familielid van burgemeester, Charmaine Manuel, en haar swaer was by dié maatskappy werksaam.

’n Private konsultant is deur die munisipaliteit genader om die pamflet te ontwerp.

Met die finale proeflees daarvan is dit na bewering na die drukkers gestuur met die opdrag dat sekere foute gekorrigeer word voordat dit na druk gaan.

Volgens ’n woordvoerder van Intermedia is die proewe van die pamflet wat deur hulle aan hul kliënt, Drakenstein Munisipaliteit, voorgelê is, deur die Munisipaliteit goedgekeur.

“Die gedrukte pamflet wat versprei was, is presies soos wat die kliënt afgeteken het.

“Dit is maatskappybeleid dat geen drukwerk gedoen sal word sonder die finale goedkeuring en handtekening van die kliënt nie.”

Volgens ingeligte bronne het niemand van die munisipaliteit die proewe van die pamflet gekontroleer nie en is daar aanvaar dat alles reg sou wees.

Ook nadat dit gedruk is, is ’n kopie nie aangevra voordat die pamflette, gepeper met foute, dwarsoor Drakenstein versprei is nie.

* A municipal pamflet has been distributed with shocking errors. See Letters, page 7.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za