Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rogers ry Romes bloots

Rogers ry Romes bloots
 
2008-06-05

Lise Beyers

ONMIN heers tussen twee sakemanne van Wellington, ná ’n tenderproses vir die Onderwysdepartement handuit geruk het.

Kiepie Rogers, teen wie nou klagtes ondersoek word oor die uitboer van die swartbemagtigingsplaas Kweek- vlei buite Wellington, word deur verskeie kontrakteurs daarvan beskuldig dat hy hulle nie betaal het vir dienste gelewer nie.

Hierdie beskuldiging spruit uit ’n tender ter waarde van R1,4 miljoen wat aan Rogers toegestaan is deur die Departement van Onderwys om heinings te span om kloutertoerusting by skole dwarsoor die Wes- en Noord-Kaap.

Hy kon hierdie reuse projek nie alleen hanteer nie, en het dus kenners in die gebied ingespan om saam met hom aan boord te klim.

Na bewering is daar mondelings ooreengekom dat Rogers die spanleiers hul onkostes sal betaal soos petrol en verblyf, asook ’n maandelikse salaris van R4000.

Op die voltooiing van die projek sou die kontrakteurs elk ’n finale betaling van R100 000 ontvang.

Maar Wellington bouer Anwar Romes, wag steeds om ’n enkele sent te sien van dié ooreengekome gelde.

“My uitgawes alleen was oor die R20 000 en ek het slegs R18 000 ontvang van Rogers vir dié onkostes. Van die R100 000 en my salaris is daar geen sprake nie.

“Nie net het hy vir ons finansieel ingedoen nie, maar hy het geskimp op boumateriaal om kostes te bespaar.

“Ons kan nie verstaan hoe Rogers in die eerste plek die tender toegstaan is deur die departement nie, want hy het geen ervaring met sulke werk nie. Dit is juis hieroor dat hy ons hulp ingeroep het.

“Rogers het beveel dat net twee sakkies sement in plaas van die gebruiklike vier gebruik moet word per perseel. “Dus kom die pale nou los en ek moet uit my eie sak hulle weer in die grond vas-sement, net om my naam te bewaar.

“Op ander persele het hy ook beveel dat grond in plaas van bousand gebruik moet word.”

Rogers beweer dat hy nog wag vir die volle betaling van die Departement van Onderwys, maar volgens Romes, ry hy met ’n nuwe Mercedes Benz rond, asook ’n nuwe bakkie en vragmotor vir sy ondernemings.

“Hy het ook ’n vierwiel-aangedrewe motorfiets vir sy kleinkind gekoop en nuwe meubels blink in sy huis. Is dit waar ons geld heen is?”

Rogers word tans ook gekoppel met ongerymdhede by Kweekvlei, die eens winsgewende plaas wat nou in bankrotskap gedompel is.

Kweekvlei is deur 74 voormalige lede van die SA Weermag gekoop met ’n regeringskenking.

Hierdie voormalige Wellington raadslid het ook vantevore met die gereg gebots, toe hy en Drakenstein raadslid, Dan Kotze, vir korrupsie aangekla is.

Dié aanklagte het gespruit uit beweringe dat hulle finansieel voordeel getrek het uit die toekenning van kontrakte met HOP-projekte in Gouda, Wellington en Saron. Hierdie klagtes is later teruggetrek.

Nou staar Rogers soortgelyke aanklagte in die gesig, want Romes en die ander kontrakteurs is besig om regsadvies in te win rondom die klouterraam-debakel.

’n Woordvoerder van die Departement van Onderwys in Kaapstad, het bevestig dat hulle ’n brief van Romes met die aantygings ontvang het, en dat hulle die bewerings ondersoek.

Rogers kon nie vir kommentaar opgespoor word nie.

* Two Wellington businessmen are involved in a dispute about non-payment of contract work for the Department of Education.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za