Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Munisipaliteit moeilik om te bereik

Munisipaliteit moeilik om te bereik
 
2008-06-05


DIT is deesdae byna onmoontlik om met die Paarlse Munisipaliteit in verbinding te tree met navrae.

Ek moes onlangs tot sewe keer na mekaar skakel om kontak te maak met die ontvangsdame.

Met van die probeerslae was die telefoon so dood soos ’n mossie. Ander kere weer het ek die telefoon laat lui totdat ek nie meer kon aanhou nie, sonder sukses.

Daar was ook soms ’n onpersoonlike elektroniese antwoordmasjien.

Ek praat nie nou van middagete-tye, of ná sluitingtye nie. Ek het my navrae aan die Munisipaliteit per telefoon prober rig gedurende gewone oggend-, en toe middagwerksure.

Ek het geen idee wat die probleem is nie, maar ek meen inwoners van die dorp is ’n verduideliking verskuldig.

Dit is net nog ’n diens wat swak gelewer word aan die belastingbetalers van die dorp.

Nommer asseblief

Anthony Sauls. Drakenstein Munisipaliteit woordvoerder antwoord:

Die Paarl skakelbord hanteer nagenoeg 13000 inkomende oproepe per dag en gaan dit, veral op spitstye druk om voor te bly met beantwoording en deurskakeling van oproepe.

Tans word gewerk daaraan om die telefoonstelsel op te gradeer en het dit die afgelope maand gebeur dat dele van die skakelbord buite werking was terwyl opgraderings gedoen is.

Eskom se beurtkrag het ook sy tol geëis en het altesaam drie van die pri-kaarte op die skakelbord geblaas tydens aan-en-afskakel.

Alles behoort eersdaags weer tot normaal terug te keer.




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za