AS gereelde leser van die Paarl Post én diereliefhebber, maak ek kapsie teen die gebruik van die foto van die afkop hond in die 29 Mei uitgawe.
Dit sou voldoende gewees het om te volstaan met die teks, sonder om die skokkende foto te plaas.
Vir ’n diereliefhebber is ’n hond (en ander diere) soos ’n mens. Indien so ’n lot ’n mens te beurt geval het, sou u dan ’n foto van ’n afkop mens geplaas het?
Myns insiens was dit swak besluitneming – in der waarheid swak smaak.