Pniel gooi wen weg
2008-06-05
PNIEL VILLAGERS het ’n gulde kans deur hul vingers laat glip om hul posisie te versterk toe hulle met 22-elk teen Valsbaai gelykop gespeel het. Die Pniel manne het egter met swak verdediging die tuisspan laat terugveg nadat hulle ’n voorsprong van negentien punte geniet het. Die besoekers het eerste bloed geruik toe Earl Cyster deur die tuisspan se verdediging gebreek het en vir Angelo Nelson weggestuur het vir ’n drie. Die tuisspan het met ’n strafskop geantwoord maar na goeie dryfspel deur die besoekers se pak het Ralton Williams oorgebars vir ’n onvervyfde drie wat die rustydtelling op 12-3 te staan gebring het. Na drie minute in die tweede helfte het Cyster ’n middag se harde werk afgerond met ’n onverdoelde drie na ’n goeie individuele poging. ’n Verdere strafskop deur Windty Windvogel het die telling na 22-3 gestrek. Hierna het die tuisspan geantwoord met ’n onvervyfde drie wat die telling op 22-8 gebring het. Die tuisspan het in die laaste tien minute die bal verwoed deur die hande gestuur. Die besoekers kon nie al die gate toe stop nie en twee vervyfde drieë het die telling gelyk gemaak. Pniel Villagers se tweede span het met 32-5 verloor en die derde span het met 24-19 vasgeval.
More
News
|