Stoeiers raak slaags
2008-06-05
TWINTIG stoeiers van Paarl Stoeiklub, onder leiding van hul afrigter Johan Jordaan, gaan in die Sarel Smit Uitnodigingstoernooi deelneem wat Saterdag in die Ontspanningsklubsaal in die Paarl deelneem. Die wedstryde begin om 13:00 en die stoeistyl sal Vrystyl wees. Die ouderdomme wat gaan deelneem is mans en dames vanaf 6 jaar, tot seniors (bo 20 jaar). Ongeveer 140 wedstryde gaan plaasvind om die onderskeie wenners van die goud-, silwer-, en bronsmedaljes te bepaal. Kontak Johan Jordaan by 072-385-6510.
More
News
|