Rugby-uitslae van klubs in die Paarl
2008-06-05
ALBIONS was Saterdag op sy beste teen Scottsdene in ’n hoë tempo-wedstryd wat die Paarliete op die ou einde met 41-32 gewen het. Albions speel Saterdag teen Hamlets. * Hillcrest United het Saterdag vir Standards van Bredasdorp met 29-25 geklop. Saterdag speel Hillcrest weg teen Brandvlei Perseverance. Die busse vertrek om 11:00. * In ’n wegwedstryd het Newtons United met 43-26 vasgeval teen Caledon. Saterdag speel Newtons tuis teen McGregor Rugbyklub. * Riverstones het Saterdag met ’n pragtige spanpoging vorendag gekom om die span van Young Standards met 26-23 te klop. Riverstones speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Windmeul. * Two early tries by Thaamir Moerat laid the platform for Vineyard’s 20-12 victory over Lower Paarl last Saturday. This Saturday Vineyards play Violets at the Dal Josaphat Stadium.
More
News
|