Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim staan rotsvas

Gim staan rotsvas
 
2008-06-05

Jaco van Wyk

OP huidige vorm lyk dit nie of Hoërskool Gimnasium maklik vanjaar sy gelyke gaan vind nie. Dit het die skool van Noorder- Paarl weereens die naweek op sy tuisveld bewys toe hy vir Outeniqua met 37-21 verslaan het.

Lag-lag het die oorwinning egter nie gekom nie en die span van George het by tye vir Gim lelik opdraende gegee. Alhoewel die telling halftyd 27-14 was in die guns van die Paarliete, het Outeniqua die toeskouers hier en daar laat snak na hul asems. So het die besoekers, diep in die tweede helfte, die telbord 27-21 laat lees.

Maar veral vroeg in die eerste helfte het die Gimmies hul teenstanders mooi laat verstaan wie se veld dit is toe hulle vir Outeniqua keer op keer deurmekaar gehardloop het met slinkse agterlynbewegings.

Gim het in die tweede helfte tydelik op ’n meer taktiese benadering begin staat maak deur die bal op die voet te sit.

Ondanks ’n goeie wedstryd is veral die tuisspan se losskakel, JH Potgieter, skuldig daaraan dat hy goeie balbesit weggeskop het.

Dit het aan Outeniqua die geleentheid gebied om terug te veg.

Outeniqua se poging was egter tevergeefs met Gim se losvoorspelers wat die besoekers voos geduik het om die Paarliete steeds aan stuur van sake te hou.

Gim het aan die einde van die wedstryd ook die laaste sê gehad toe Jaco Pretorius ’n drie gaan druk het om die telling meer eensydig te laat lyk.

Een van Gim se groot uitblinkers was Jaco Pretorius wat met ’n driekuns van drieë beloon is. Die tuisspan se ander drieë is gedruk deur JR Esterhuizen, Johan Schoombee en Ruan Smith.

Potgieter was in die kol met twee doelskoppe en ’n strafdoel.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za