Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Abigail by alma mater gegroet

Abigail by alma mater gegroet
 
2008-06-05


DIE skielike dood van ’n gewilde matriek meisie van verlede jaar het nie net haar familie nie, maar ook vriende en personeel by Hoërskool La Rochelle in skok.

Abigail le Riche (19) het verlede week aan breinvliesontsteking gesterf, slegs ure nadat sy begin siek voel het.

Dinsdag is daar ’n hoogs emosionele gedenkdiens by die skool in Faurestraat, Paarl, gehou, vir die meisie wat almal met ’n bewoë glimlag, as “borrelend” onthou het.

Die skoolsaal was tot barstens toe vol, met honderde roubeklaers wat hul laaste eer aan Abigail betoon het.

Haar ouers, Riho en Laura-Esther le Roux van ’n plaas by Loxton in die Karoo, wou die diens hou waar hul dogter soveel gelukkige jare in die skool en koshuis deurgebring het.

“Sy was so lewenslustig. Sy het so geleef dat jy haar nie kon miskyk nie,” het skoolhoof Amanda Lochner gesę.

“Sy het elke oomblik van haar 19 jaar geniet en sy sal altyd in ons harte wees.”

Abigail was by La Rochelle op die studenteraad en die koshuis-prefekteraad en het van graad nege af in die eerste netbalspan gespeel.

Die Le Riche kinders was gewild in die Paarl en het ’n wye vriendekring gehad. Abigail se tweelingbroer, Nicolas, was verlede jaar Boishaai se Mr Style. Hul ouer broer, Peter-James, was ook hier op skool.

Abigail was vanjaar ’n eerstejaar onderwysstudent aan die Universiteit van Stellenbosch en inwoner van Heemstede koshuis.

Sy was in Maties se tweede netbalspan en het die aand voor haar dood nog deelgeneem. Kort daarna het sy begin sleg voel.

Die volgende oggend is griep gediagnoseer. Die middag was sy koorsig, met ’n veluitslag en rooi kolle op haar liggaam.

Om 17:00 is sy in die hospitaal opgeneem, en vier uur later het sy gesterf.

Daar is later vasgestel dat Abigail bakteriële breinvliesontsteking opgedoen het en is almal wat nabye kontak met haar gehad het, voorkomende medikasie teen die dodelike meningokok-meningitis toegedien.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za