Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek in die Voorhuis

Musiek in die Voorhuis
 
2008-06-12


DIE lede van die Voice of the Nation Opera Studio van Kaapstad Opera gaan die Paarl warm sing by Mooikelder herehuis Sondag om 17:00.

Die program bestaan uit bekende treffers uit operas soos Die kwartet uit Rigoletto van Verdi, sekstet uit Lucia di Lammermoor, arias uit La Boheme van Puccini, Gounod se Faust, Carmen van Bizet en dan ook nog so ’n lekker draai met ’n Tango van Piazzolla en om mee te eindig ’n verskeidenheid ligte musiek vanaf Barcelona tot en met ‘You raise me up’.

Daar sal ’n verskeidenheid van wyne te proe en te koop wees en ook heerlike pannekoeke.

Daar is ook genoeg verwarmers en komberse vir enigiemand wat dalk skrikkerig is vir die koue.

Dit is ’n belewenis om die groep jongmense se passie vir, en die genot wat hulle uit musiekmaak kry, te sien en te hoor.

Die sangers staan almal aan die begin van hulle professionele sangloopbane en kry spesialisopleiding deur middel van blootstelling aan wêreldklas stemafrigters, besoekende sangers, dirigente en regisseurs.

Ook kry hulle ondervinding deur optredes dwarsoor die Wes-Kaap. Kaartjies is R30 en R50. Skakel 021­869-8787 of 082-749­8936




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za