Kansa het jou nodig
2008-06-12
DIE Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) het jou nodig en bied gratis opleiding. As jy bereid is om een uur per week as vrywilliger te werk, kan hulle jou gebruik. Vrywilligers word dringend gesoek om betrokke te raak by hul voorkoming- en vroeë opsporing-veldtogte. Opleiding word beplan vir die Paarl- en Wellington-gebied vanaf 23 tot 25 Junie en vind daagliks vanaf 09:00 tot 15:00 plaas. Dit is nou jou kans om betrokke te raak en ’n verskil in jou gemeenskap te maak. Kursusgangers sal inligting omtrent kanker ontvang met die fokus op voorkoming en vroeë opsporing. Daar sal van kursusgangers verwag word om hierdie inligting in die gemeenskap te versprei. Hierdie kursus beloof om baie insiggewend te wees. Indien u meer wil leer omtrent kanker en ’n bydrae in u gemeenskap wil lewer, skakel Barbara Williams by 021-873-6358 gedurende kantoorure.
More
News
|