Skenk bloed en red 'n lewe
2008-06-12
SUID-AFRIKA vier Bloedskenkmaand in Junie en die Westelike Provinsie Bloedoortappinsgdiens (WPBOD) beplan spesiale skenkerklinieke vir 13 en 14 Junie vanaf 10:00 tot 14:00 by Paarl Mall (voor Pick n Pay) om bewustheid te skep oor die behoefte aan veilige bloed regoor die wêreld. Vrydag het WPBOD in die Paarl ’n spesiale veldtog in samewerking met Acutts en Oosthuizen& Kie, en hulle daag alle maatskappye uit om te kom bloed skenk môre vanaf 10:00 tot 14:00 by die Bloedoortappingsdienskantoor in die Hoofstraat. Adanaan Arnold, promosiebeampte vir die WPBOD Paarl, sê “Wêreld Bloedskenkerdag gee erkenning aan die duisende onbaatsugtige individue wat hulself daartoe verbind om mense wat hul nooit sal ontmoet nie, se lewens te verbeter en ander aan te spoor om bloedskenk ’n deel van hul leefstyl te maak.” Enige gesonde persoon ouer as 17 jaar, wat meer as 50kg weeg en ’n veilige seksuele leefstyl handhaaf, kan bloed skenk. Skenkers moet onthou om te eet voor hulle die kliniek bywoon. Vir meer inligting, kontak die WP Bloedoortappingsdiens by 021-8711030, e-pos info@wpbts.org.za.
More
News
|