Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


'n Werkplekkie vir almal

'n Werkplekkie vir almal
 
2008-06-12


JONGMENSE met ligte intellektuele gestremdhede in die Drakenstein-area, word tans deur middel van die Siyanceda National Youth Services (NYS) program opgelei by die Drakensteinsentrum vir Gestremdes.

Die Siyanceda NYS program is ’n inisiatief van die Kaapse Geestelike Gesondheidsgemeenskap as deel van die Opleidingswerkswinkels Onbeperkte Program.

Gedurende die opleidings- en plasingsperiode van 18 maande, ontvang die jongmense lewensvaardigheidsopleiding en ondersteuning van ’n werksafrigter om hulle voor te berei vir werksverskaffing in die ope mark.

Die intellektueel-gestremdes kom vanaf Ligstraal Skool en die wye publiek.

Die tieners wat by die program aansluit, verkry opleiding wat hulle toelaat om erkenning te ontvang ingevolge die Nasionale Kwalifikasie Raamwerk.

Die Siyanceda-program bestaan uit twee fases. In die eerste fase ontvang leerders bekwaamhede en werksondervinding asook uiteindelike werksplasings in die tuinbou-, skoonmaak-, kindersorg- of bejaardesorgsektore.

Praktiese ervaring is opgedoen deur die jongmense vrywillige werk by Daljosafat Primêr te laat verrig.

Elkeen van die gekeurde leerders ondergaan volledige opleiding in higiëniese- en skoonmaakdienste en die verwante lewensvaardighede.

Die leerders sal dan in posisies geplaas word waar hulle vrywillige dienste sal verrig.

Die werksafrigters sal ook die leerders besoek in hul verskillende gemeenskappe om ondersteuning te bied en om hul vordering te monitor.

Vir meer inligting oor die Siyanceda-program besoek www.capegateway.gov.za




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za