Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Raadslede nie betrokke by pamflet

Raadslede nie betrokke by pamflet
 
2008-06-12


RAADSLEDE is nie betrokke by die aanstel van diensverskaffers nie.

So sê die Drakensteinse munisipale hoof van infrastruktuur en beplanning, Leon Coetzee, ná ’n berig verlede week oor die taal- en drukfoute op ’n pamflet wat deur die Munisipaliteit versprei is tydens Rommelweek.

Die drukwerk is gedoen deur Intermedia, wie se eienaar/bestuurder verlangse familiebande het met die burgemeester.

“Aankope en lewering van dienste aan munisipale owerhede is onderworpe aan streng verkrygingsbeleidvoorskrifte soos vervat in wetgewing.

“Kwotasies vir die drukwerk vir die spesifieke pamflet is ingewin en toekenning gedoen in terme van sodanige voorskrifte sowel as die Raad se verkrygingsbeleid.

“Die feit dat daar foute was op een van die inligtingstukke wat gedurende ‘Waste Week’ gebruik is, kan nie weggewens word nie.

“Die pamflet is wel uitgedeel sonder dat die finale produk ná drukwerk gekontroleer is. Dat daar op daardie stadium van ‘Waste Week’ soveel aktiwiteite gelyk gebeur het, dat hierdie fout voorgekom het, is jammer.

“Die werklike koste van die pamflette was ongeveer R9 000 (nie R30 000 nie) en verspreiding is gratis deur deelnemers gedoen is.

“Dit is sekerlik baie belangrik dat die positiewe sy van die inisiatief ook uitgelig word. Uitstallings is in winkelsentrums gehou, vrywilligers het die inligtingstalletjies beman en duisende verbruikers is bereik.

“Inligtingsessies is aangebied vir Raadslede, gemeenskapsverteenwoordigers, amp­tenare, sakemanne en ander belangstellendes. Die terugvoer was positief en opbouend.

“Ongeveer 7 000 leerders het deelgeneem aan kompetisies, skoonmaakaksies, inligtingsessies, kompetisies en vermaaklikheidsaktiwiteite.

“Daar was groot entoesiasme en die terugvoer oor hierdie bewusmakingsveldtog was positief en opbouend.

“My dank aan almal wat bereid was om deel te neem en te help. Die lesse geleer gedurende hierdie jaar sal geïnkorporeer word wanneer daar volgende jaar op hierdie sukses voortgebou word.”




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za