Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kasbouer weg met gereedskap

Kasbouer weg met gereedskap
 
2008-06-12


DIE polisie van Wellington is op soek na ’n man wat in plaas van kaste inbou, na bewering die huisbewoners se eiendom wegdra.

Wikus Lombard (42), van onbekende adres, het twee weke voordat die inwoners hul nuwe huis sou betrek, in die woning gaan bly om kaste in te bou.

Die huiseienaar het onraad vermoed en het Lombard na Kanariestraat, Paarl-Oos, gevolg. Daar het hy gesien hoe sy kraggereedskap en ander items uit ’n Coltbakkie verkwansel word.

Daar is vermoedens van aankope van die Tik-dwelm.

Lombard beweeg tussen Wellington, die Paarl en Stellenbosch.

Insp Biga Jones, 083-2716-315, sal inligting oor waar Lombard hom bevind, verwelkom.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za