Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pa sterf tydens polisie klopjag

Pa sterf tydens polisie klopjag
 
2008-06-12

Lise Beyers

GESINSGEWELD en dwelms het vermoedelik gelei tot die dood van ’n bejaarde man van Wellington, asook die beslaglegging op ’n groot hoeveelheid dwelms en kontant.

Die polisie van Wellington het verlede Donderdag reageer op ’n klagte van gesinsgeweld by Hospitaalstraat 9, Wellington, die woning van Mario Koopman.

Met hul aankoms, is Koopman deur sy vrou beskuldig van aanranding. Voordat hy in hegtenis geneem is, het ’n polisiebeampte opgemerk hoe hy ’n groot hoeveelheid geld in ’n kluis toesluit.

Tydens Koopman se inhegtenisname het sy pa, Moos Koopman, by sy seun se huis aangekom. Tussen al die drama deur het hy ineengestort en gesterf, vermoedelik weens ’n hartaanval.

Koopman jnr is al geruime tyd in die polisie-visier vir beweerde dwelmhandel.

Die polisie-ondersoek het Donderdagmiddag van Hospitaalstraat uitgekring na ’n woning in Camelliastraat, Klein Nederburg, die woning van Koopman se ouers.

Die huis is deursoek en buite in ’n hoenderhok is ’n kluis versteek gevind met 21 sakkies Mandrax-pille, sakkies kokaïene en Mandrax-poeier.

Die straatwaarde hiervan word geskat op R150 000.

Tydens hierdie klopjag was slegs ’n bejaarde vrou by die huis, wat geen kennis oor die kluis gehad nie.

Niemand is nog in verband met die dwelms in hegtenis geneem nie, maar die saak word verder ondersoek.

* A man died after his son was arrested for domestic violence. This also led to the seizure of a large amount of drugs.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za