Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kookwater-skolerugby

Kookwater-skolerugby
 
2008-06-12

Jaco van Wyk

BOISHAAI, Gimnasium en Landbouskool Boland het Saterdag almal oortuigende oorwinnings oor hul eweknieë behaal, terwyl New Orleans en Hoërskool Hugenote albei die knie gebuig het.

HJS het op Brugstraat, ná ’n gelykop eerste helfte wat op 10 elk geëindig het, die krane in die tweede helfte oopgedraai om Rondebosch met 39-26 te troef.

Dit het egter drie drieë in die laaste 15 minute van die wedstryd gekos vir die tuisspan om die oorwinning te beklink.

Hoërskool Gimnasium het op sy tuisveld geen genade vir HTS Drostdy getoon nie toe hulle die manne van Worcester met 81- 22 oordonder het. Gim was teen rustyd reeds met 47-0 voor tydens hul slagting van Drostdy wat 13 drieë ingesluit het.

Landbouskool Boland is beslis besig om sy vorm te herwin wat hom die afgelope paar jaar een van die mees gevreesde spanne in die Wes-Kaap gemaak het. Hulle het vir Hoërskool Strand met 43-10 geklop.

New Orleans het Saterdag, ondanks ’n eerste helfte waartydens die twee spanne kop-aan- kop was, met 15-33 vasgeval teen Stellenberg. Die Paarliete was 5-8 agter teen rustyd.

Hoërskool Hugenote het teen alle verwagtinge tweede viool gespeel teen Hoërskool Schoonspruit. Hugenote het met 10-15 verloor na die twee spanne teen rustyd met 10 elk gelykop was.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za