Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bande-steker maak moles

Bande-steker maak moles
 
2008-06-12

Lise Beyers

’n AGGRESSIEWE straatslaper het reeds duisende rande se skade aangerig, deur padverbruikers se bande te vernietig.

Talle klagtes is ontvang van parkeerders in BoNuwestraat in die Paarlse middedorp, wie se bande doelbewus beskadig word.

Een slagoffer van hierdie misdaad is Lizaan de Beer, wie se kantoor in Nuwestraat is.

De Beer vertel dat sy een aand omstreeks 17:00 in haar motor geklim het en huis toe gery het.

“Toe ek die volgende oggend met my motor wou werk toe ry, kon ek nie vorentoe nie.

“Dit is toe dat ek sien dat al vier bande pap is.”

“’n Sogenaamde ‘motorwag’ staan elke aand in Nuwestraat, en soms deur die dag sien jy vir hom selfs kaal staan en was in dié gebied.

“Vandeesweek toe ek na my motor stap, het hy daarop gespoeg.”

De Beer moes R6000 opdok vir nuwe bande.

Nog ’n bandslagoffer is Dirk Burger, bestuurder van Thorp Delta, wat gereeld gimnasium toe gaan in Nuwestraat.

Nadat hy onlangs buite die gimnasium geparkeer het, was drie van sy bande die volgende oggend pap.

“Hierdie man staan gewoonlik net rond en gluur jou aan.

“My bande moes ek vervang teen ’n koste van R2600 elk.”

Nog ’n slagoffer wat twee bande kwyt is, het gesê dat dit net nog ’n rede is hoekom sy die Paarl middedorp nou permanent vaarwel sal sê.

Verskeie bandherstelbesighede in die Paarl het bevestig dat hulle talle soortgelyke gevalle gehad het die afgelope paar weke.

Hulle is dit eens dat die voorwerp wat gebruik word om dié skade aan te rig, ’n skerp, dun voorwerp is.

Die bande word gewoonlik naby die velling gesteek en dit veroorsaak dan ’n stadige lekkasie wat onherstelbaar is. Die slagoffers kom die skade eers die volgende oggend agter.

Hierdie ‘motorwag’ wat bekend staan as Bruno, het al vantevore met die gereg gebots.

Volgens gerugte is hy ’n Kongolees wat reeds twaalf jaar in die land woon, dus het hy verblyfreg.

Hy het homself tuisgemaak in die omgewing van Nuwestraat en Patriotplein en het ’n gewoonte daarvan gemaak om sy klere in die swembad van Gimnasium koshuis, Huis Kalahari Visser, in dié omgewing, te was.

Die skool het ’n interdik teen hom bekom. Toe hy op ’n dag deur skoolhoof Basjan Reinhardt hieroor gekonfronteer is, het hy vir Reinhardt met ’n bottel teen die kop gegooi.

Bruno is aangekla van aanranding, maar het skotvry uit die hof geloop.

Selfs gemagtigde motorwagte met oranje baadjies loop lig vir hom.

“Hy is nie lekker in sy kop nie,” vertel een.

“Ons mag nie naby sy terrein kom nie, dan vloek hy verskriklik vir ’n mens.

“Hy is vanaf laatmiddag tot laataand op sy pos, en dan slaap hy onder die afdak van die Patriotpleinsentrum.

“Hy doen baie skade aan dié wat eerlike wagte is en wat net ’n bestaan probeer maak.”

Dit het geblyk dat Bruno se manewales Maandagaand tot ’n einde gekom het, toe hy volgens ooggetuies berserk geraak het.

Hy het by twee vrouens wat uit hul motors geklim het, geld gevra.

Hierna het hy na bewering ’n skerp voorwerp uit sy baadjie gehaal en gedreig om hul bande stukkend te steek.

Een vrou het haar man gebel, wat toe vinnig die polisie in kennis gestel het.

Bruno Allen is op die toneel deur die polisie aangehou vir ondervraging, maar is weer vrygelaat weens ’n gebrek aan getuienis.

* A homeless man in the Paarl CBD has allegedly been puncturing car tyres.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za