Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Werkwinkel oor wynbedryf

Werkwinkel oor wynbedryf
 
2005-07-07


’n WERKWINKEL getiteld ‘Van die wingerd tot die wynglas’, word Donderdag 21 Julie by die Lanzerac Hotel in Jonkershoekweg, Stellenbosch aangebied. Dit vind van 08:00 tot 17:00 in die konferensielokaal plaas.

Onderwerpe sluit in dienslewering in die proelokaal, bemarking van nuwe wynprodukte, wynbedryfverwante inligting, positiewe aspekte van ’n gesonde leefwyse, swart ekonomiese bemagtiging in die wynbedryf, asook ’n interessante wynproe.

Onder die sprekers is rolspelers in die wyn- en kosbedryf, soos Nicolette Waterford (hoof uitvoerende beampte Stellenbosch Wynroete), Jean Engelbrecht (direkteur Engelbrecht Els Vineyards, Yvette van der Merwe (uitvoerende bestuurder SAWIS), Erieda du Toit (RSG se huiskok/glanskok), dr Dawie van Velden (kenner op die gebied van wyn en gesondheid) en Beverly Farmer (woordvoerder van Wine Charter Steering Committee).

Koste is R550 per persoon en sluit middagete in. Enige surplusfondse word geskenk aan die Christelike Afhanklikheidsdiens (CAD).

Vir meer inligting of besprekings, skakel Elma Brand by 863-0397, faks 863-0079 of e-pos events@definitelydifferent.co.za.



More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za