Paarl nou Venesië van die Boland?
2008-06-12
SEKERLIK een van die Paarl se grootste bates is die Bergrivier wat daardeur vloei, maar dit word vinnig verswelg deur indringerplante, vuil water en die onvermoë van die Munisipaliteit om die walle en die water skoon en netjies te hou. Die boomstompe en opdrifsels wat teen die voetgangerbrug se pilare vasgekeer is, het nou ontaard in ’n welige eiland waar selfs “Survivor Africa” aangebied kan word. Die beoogde Waterfrontontwikkeling by die rugbyklub – hierdie ontwikkeling was ook ter sprake met die voorbereiding van ’n vorige Olimpiese Spele bod – kan na die middedorp verskuif word. Siende dat die middedorp vir 2010 deur die stadsvaders in ’n spookdorp ontwikkel word, kan hulle dalk die vuil waters van die Bergrivier herlei om in Lady Greystraat af te vloei – daar is genoeg leë geboue wat in hotelle omskep kan word en daar is genoeg stalletjies op die kante vir al die derduisende besoekers
Beswaarde belastingbetaler
Die munisipale woordvoerder, Anthony Sauls, reageer: Die stormwater-afdeling van die Munisipaliteit het saam met die parke-afdeling van die Munisipaliteit begin om die opdrifsels om die pilare van die voetbrug by die Arboretum te verwyder op 14 Mei. Hulle het vir drie dae daaraan gewerk, toe hulle onderbreek is deur reënweer. Hierdie tipe werk is ’n proses wat weens die sterk vloei van die rivier tans onveilig is om mee voort te gaan. Ons monitor die watervlak en sal voortgaan met die werk sodra dit veilig is.
More
News
|