Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Sogenaamde motoroppassers is lastig

Sogenaamde motoroppassers is lastig
 
2008-06-12


EK was gisteraand die slagoffer van sogenaamde ‘car guards’ in Nuwestraat, met die besige Virgin Active, die Spur en MiniMax weerskante van die straat.

Beide die linkerbande van my motor is stukkend gesteek.

Twee skerp, handgemaakte voorwerpe is in my motor se voor- en agterbande ingedruk wat daartoe gelei het dat ek beide my bande teen R750 elk moes vervang!

En ek is nie die enigste slagoffer nie: die personeel by ons plaaslike bandehandelaar het aan my vertel dat ek die sesde persoon in twee dae is waarmee hierdie presiese geval gebeur het.

Hierdie is vir my die kersie op die koek.

Ek is al verskeie kere deur ‘karwagte’ uitgeskel, daar was al op my gespoeg en my motor was deur hulle beskadig buite Virgin Active, omdat ek hulle nie wou betaal vir hulle ongevraagde dienste nie.

Ek voel dat daar iets aan hierdie saak gedoen moet word. Ek is besig met ’n saak by die polisie ten einde hulle ook bewus te maak van hierdie situasie. Hulle het belowe om daar te patrolleer.

Die motorwagte is ongetwyfeld die mense wat hierdie onnodige skade veroorsaak.

Hoekom moet ons hulle betaal as ek nie gevra het vir die diens nie? En hoekom moet ek daaronder ly? As ’n jong, werkende dame wat belasting betaal, is dit net nie aanvaarbaar nie!

Ek hoop almal is bewus van hierdie onveilige ligging.

Geïrriteerd




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za