NEWTON vs Double V
Newton het die afgelope naweek vir Double V van Paarl op die Boy Louw-sportgron- de met 2-1 geklop in ’n Metropolitan liga- wedstryd. Al die doele is in die eerste helfte aangeteken.
Die wedstryd het vir die eerste 25 minute gelykop verloop met verskeie verbroude kanse aan beide kante.
Toe die plaasvervanger van Newton, Angelo Mackrill, opkom, het hy onmiddellik ’n impak gemaak.
Slim spel tussen hom en sy mede-doel- skieter het gelei tot twee vinnige doele deur Ricardo Daniels.
Die tuisspan het onmiddellik teruggeslaan met ’n doel vanaf ’n hoekskop deur Dawid Daniels.
Met die draaislag het Double V ’n gulde geleentheid verbrou om die gelykmaker aan te teken toe hulle ’n strafskop gemis het.
PAARL vs HILLCREST SAINTS
Hillcrest Saints het Saterdag met 2-2 gelykop gespeel teen Paarl Sokkerklub op Boy Louw.
Vir Hillcrest het Morné de Vries beide doele behaal.
Hillcrest speel Saterdag om 12:30 teen Double V.