Newtons skraap deur
2008-06-12
‘N LUSTELOSE vertoning deur Newtons op sy tuisveld het toegelaat dat die besoekers, McGregor, tot teen die einde van die wedstryd nog die knoop kon deurhak. Newtons moes in die laaste minute hul keer ken voor hulle met 20-17 kon seëvier. Ná die wedstryd het Newtons se afrigter, Sidney Cupido, die spelers toegespreek oor hul gebrek aan toewyding teen een van die agterosse in die kompetisie. Die voormalige o.21 Boland losskakel, Jacquin Ruthford, het egter die verskil tussen die twee spanne gemaak en het met sy taktiese spel en skopvoet beďndruk. Newtons sal beslis sy sokkies moet optrek as hy nie die naweek in sy feeswedstryd teen Roses United ’n loesing op die lyf wil loop nie. Newtons se drieë is gedruk deur Devon van Wyk, Conroy Barron en Ruthford. Ruthford het ook twee doelskoppe en ’n strafdoel behaal. Newtons speel Saterdag in sy 65-jarige feeswedstryd teen Roses United. Wedstryde begin reeds om 09:00 met skolerugby.
More
News
|