Streek-aksie op naweekkalender
2008-06-12
DIE Paarl Rugbystreek bied Saterdag hul eerste ronde uitkloptoernooi aan op Daljosafat se sportgronde. Halfeindrondes word volgende Saterdag op 21 Junie gespeel met die finale wat op 5 Julie gaan plaasvind. Die toernooi begin om 09:00 met die o.12-wedstryde wat eerste gaan plaasvind. Al die eerste span-wedstry- de begin om 15:45. Eerste spanne wat sake op Daljosafat gaan uitspook, is Laer Paarl teen Allandale, Gardens teen Windmeul, Riverstones teen Violets en Vineyards teen Standards. * Die Paarl streekspan speel môre-aand hul tweede streekligawedstryd wanneer hulle te staan kom teen die streekspan van Stellenbosch/Wynland te Faurestraat-stadion. Albei spanne is onoorwonne en ’n derbygees kan verwag word. Die o.20 wedstryd begin om 18:30 met die hoofwedstryd wat om 20:00 afskop. Spelers van die Paarl streekspan wat opgeneem is in die WP Disa oefengroep, is Andrew Jacobs, Hennie Johnson, Granton Marinus, Adlee Moerat, Jannie Williams, Brendon van Schoor en Hein Pretorius. Vir enige navrae, skakel die streeksekretaris, Kevin Benjamin, by 082-731-4879.
More
News
|