Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong karate-trio skitter in Skotland

Jong karate-trio skitter in Skotland
 
2008-06-12

Jaco van Wyk

HARDE werk, moed en deursettingsvermoë is wat dit geverg het vir drie jong lede van Hayashi Ha Karateklub in die Paarl, om die Suid-Afrikaanse karatespan met lof te verteenwoordig tydens die Statebond Wêreldkampioenskappe. Michael Frans, Brent Jonker en Dillan Smith het met die louere daar weggestap.

Die kampioenskap, waartydens die span uitstekend gevaar het om ’n goue medalje in te palm in die unison-kata, het van 31 Mei tot 1 Junie plaasgevind in Skotland se hoofstad, Edinburg.

Michael is ’n leerder aan Hoërskole Gimnasium en doen al karate vir agt jaar.

Brent is ’n leerder aan Klein Nederburg sekondêr en doen Karate vir agt jaar.

Dillan is ook ’n leerder aan Klein Nederburg Sekondêr en doen al vir ses jaar karate.

“Wat hul prestasie so besonders maak, is die feit dat Suid-Afrika nog nooit aan karate in die Statebondspele deelgeneem het nie,” sê die kampioen- drietal se sensei, Patrick Ross.

“Aldrie studente het vir my genoem dat die kompetisie hard was. Hulle moes teen 11 lande meeding. In die unison-kata was daar altesaam 18 spanne.”

Volgens Ross het die senuwees geknaag, maar op die ou einde was die manne van SA eenvoudig die beste. Hulle het in die finaal te staan gekom teen Suid-Afrika se A-span.

“Dit was ’n wonderlike ervaring om op die podium te staan en vir almal te wys wie is die champs.”

Volgens Ross het die span straf voorberei aangesien die bewegings absoluut perfek moes wees. Hul sukses kan egter toegeskryf word aan ure se harde werk.

Die span het juis verlede jaar begin met voorbereiding vir die kampioenskappe toe hulle die span van Botswana gaan pak het.

“Elke keer as ons gaan toer, sukkel ons egter om borge te kry. Dit is die ouers wat geld leen en funksies reël om aan die kinders ’n kans in die lewe te gee. Ek haal my hoed af vir die ouers wat dag en nag gewerk het,” sê Ross.

“Ek moet darem noem dat daar wel mense in die dorp is wat omgee en ek wil net aan elkeen dankie sê - veral die burgemeester en onder-burgemeester.

“Met die span se sukses is Michael, Brent en Dillan nou die eerste keuse om te gaan deelneem in die Hayashi Ha Wêreldtoernooi wat in Spanje gaan plaasvind,” sê Ross.

“Hulle sal egter moet bly as daar nie borge na vore kom om hul onkoste van R20 000 te dek nie. Dus pleit ek om hulp aangesien die jeug ons toekoms en ons beste belegging is.”




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za