Skrywers gesels oor hul boeke
2008-06-19
ELKE Saterdag om 11:00 gesels skrywers oor hul boeke in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch. Saterdag word “Larger than Life”, die biografie van die rugby- en besigheidslegende Jan Bull Pickard, bekend gestel. Karin Pickard Louis (dogter), Francois Louw (kleinseun) en Dougie Dyers (vriend en rugbyadministrateur) sal as sprekers by dié geleentheid optree. * Lina Spies, bekende digter en literator, het pas Anne Frank se welbekende dagboek in Afrikaans vertaal. Sy sal Saterdag 28 Junie by die Protea Boekwinkel wees om oor “Die Agterhuis” se eerste publikasie in Afrikaans met gaste te gesels. Skakel 021-882-9100 vir meer besonderhede.
More
News
|