Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kla by die regte plek

Kla by die regte plek
 
2008-06-19


EK wil graag ’n beroep doen op elke inwoner in die Drakenstein Munisipaliteit se gebied om asseblief die moeite te doen om dinge wat duidelik nie reg is, aan te meld by die betrokke instansies.

Ons sien dikwels ’n gebarste waterpyp, straatligte wat in die dag aan is of verdagte persone in die woonbuurte en dink dat iemand anders dit sal rapporteer. Neem die inisiatief en doen JY iets daaromtrent.

In ons straat in ’n woonbuurt in Wellington, het die straatligte vir ’n paar weke dag en nag gebrand. Elke keer as ek dorp toe gery het, het ek dit gesien en gedink ek sal die munisipaliteit bel, maar dan het ek alweer daarvan vergeet as ek by ’n telefoon kom.

So moes die ander bure dit seker ook opgelet het, maar niemand het iets daaromtrent gedoen nie.

’n Oplossing is om alle noodsaaklike nommers op jou selfoon te stoor, sodat jy dadelik kan bel. (Ek hét dit darem op die ou einde gerapporteer.)

Nog ’n voorbeeld is die spreiligte (daar is baie) op die parkeerterrein by “Market Square” winkelsentrum op Wellington wat vir twee dae in die dag aan was, sonder dat enige van die besighede in die sentrum dit gerapporteer het en party dit selfs nie eens opgelet het nie.

Hoeveel mense besoek nie die sentrum elke dag nie. Ek kan nie glo dat niemand dit opgelet het nie!

Kom ons almal probeer saamstaan en rapporteer goed wat ooglopend verkeerd is.

Dit gaan dalk ’n bietjie moeite vra, maar so kan ons dalk help keer dat daar gedurig verhogings in diensgelde is.

In die Suid-Afrika van vandag, moet elkeen maar sy deel doen. Ons kan dit nie net aan ander oorlaat nie.

Inwoner, Wellington




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za