Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Akteur en sanger saam by die Ou Meul

Akteur en sanger saam by die Ou Meul
 
2008-06-19


DIE bekende akteur Paul Eilers bied ’n blinknuwe program van voorlesings en gedigte aan saam met sanger/komponis en liedjieskrywer Stef Kruger by die Ou Meul-teater vanaand om 20:00.

Voorlesings uit kortverhale, werke en gedigte van bekende Afrikaanse skrywers soos Johan Bakkes, Dana Snyman, Rita Gilfillan, PG du Plessis, Chris Barnard, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker, Audrey Blignaut, Izak de Villiers en andere word deur Paul aangebied.

Stef se musiek en lirieke is uiteraard uniek en almal sy eie penne- en notevrug. Hierdie vertoning het by die afgelope KKNK uitstekend gevaar met vol sale.

Paul en Stef beoog om met Prinse van die Wapad letterlik weer die wapad aan te durf.

Hulle sal soos van ouds landwyd met die aanbieding te toer om sodoende by alle dorpe en stede uit te kom en die fyn net van die woord te span.

Kaartjies is R70. Skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za