Hier langs my
2008-06-19
DIE musikante Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert is ’n gedugte kombinasie en tree op in die Breytenbach- sentrum môre om 19:00. Hulle speel al jare lank saam en Schalk was ook die musikale regisseur van Laurinda se nuwe CD, Reis na die Suide, wat oral lof ontvang. Sy eie CD, Kayamandi, is ook onlangs vir ’n SAMA benoem. Die eenvoudige maar intelligente verwerkings wat ontstaan as Schalk en Laurinda saamwerk, kan helder gehoor word in die program Hier langs my. Die program bied Laurinda in haar mees gestroopte vorm, slegs met Schalk aan haar sy. Min kunstenaars kan digters se woorde só laat sing. Voeg by hierdie toonsettings die musikale gesels van twee ou vriende en jy kry Hier langs my. Net stem, klavier en baskitaar fyn ingestem op mekaar. Kaartjie is R80. Skakel 021-873-2786.
More
News
|