Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Whoop Squad Basketbal wil herrys

Whoop Squad Basketbal wil herrys
 
2008-06-19


VIR die afgelope 15 jaar het die Whoop Squad Basketbal-klub baie vermag om die sportkode in die Paarl en Boland te vestig.

Met een van haar doelwitte om kinders van die straat af te hou, te leer oor die deugde van die lewe, en ook om die sport onder jongmense te bevorder, blyk dit asof die klub besig is om te taan.

Dit het die afgelope drie jaar al moeiliker met die klub gegaan aangesien hulle die sport in Kaapstad en omgewing moet beoefen aangesien Paarl nie oor ’n standaard, binnenshuise baan beskik nie.

Met alle stygende kostes raak dit al moeiliker, want ’n nog groter probleem is vervoer wat ouers en spelers elke week moet betaal.

Met soveel ouers wat navraag doen wanneer daar weer gespeel word, is dit tyd dat ons hande vat en ’n daadwerklike poging aanwend om die klub so gou as moontlik in die Liga in te skryf.

Selfs die Media besef dat die afwesigheid van die klub ’n groot leemte gaan laat in die omgewing.

Dus gaan SABC 2 met alle Nasionale spelers van die Klub oor die jare onderhoude voer op Saterdag.

Alle belangstellendes word gevra om Vrydag om 17:30 by Paarlzicht aan te meld. Inskrywings vir spanne vir die WP-liga gaan ook finaal gedoen word.

Kontak A Davids by 021-862-5274 met enige navrae.

Enige hulp is welkom




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za