Rose lek lippe af vir Worcester Villagers
2008-06-19
ROSES UNITED pak eerskomende naweek die span van Worcester Villagers op laasgenoemde se tuisveld in Worcester. Die Rose, wat verlede naweek vir Newtons met 31-19 geklop het in ’n vriendskaplike wedstryd, sal oudergewoonte weer swaar steun op sy sterk pak voorspelers. Ignatius Korabie en Goodman Moses sal weer die aanslag voorlangs lei saam met die yster-stut, James Davids. Agterlangs sal die twee Nortjé-broers, John-Lee en Enrico, wil voortbou op hul goeie spelpeil in die liga tot dusver. Die regtervleuel, Brendon April, wat weer begin speel soos die Bremma van ouds, moet ook dopgehou word saam met die blitsige Cornel Hendricks. Die manne van Worcester-Villagers speel altyd goed voor hulle fanatiese tuisskare en die Rose kan hulle maar voorberei vir ’n klipharde wedstryd. Vorige kragmetings tussen die twee spanne het nog altyd skouspelagtige rugby opgelewer het. Busse vertrek om 11:00 vanaf Klaasenstraat, Wellington.
More
News
|