Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Streek-uitklop sorg vir opskuddings

Streek-uitklop sorg vir opskuddings
 
2008-06-19


DIE eerste ronde van die Paarlstreek uitklop- rugbytoernooi het die naweek gesorg vir heelwat verrassings met ’n aantal toernooi-gun- stelinge wat nou sake moet uitspook in die Plaat semi-finale.

In die eerste wedstryd van die dag het Laer Paarl die span van Allandale met 20-0 gewen. Met hierdie oorwinning het Laer Paarl vergoed vir hul eerste ronde nederlaag teen Allandale.

Young Gardens het hul kragmeting teen Windmeul United gewen met 19-15.

Die grootste verrassing van die dag was Violets se naelskraapse oorwinning van 19-18 oor die eerste ronde ligawenner, Riverstones.

Young Standards het in die laaste wedstryd van die dag vir Vineyards met 18-8 kaf- gedraf.

Saterdag kom Young Standards in die beker semi-finaal te staan teen Violets (17:30) en Laer Paarl pak Young Gardens om 19:00.

Die plaat semi-finale word beslis deur Allandale en Windmeul om 14:45, terwyl Riverstones en Vineyards om 16:15 speel. Alle wedstryde vind plaas op Daljosafat stadion.

Saterdag se volledige uitslae is soos volg:

Tweede spanne X Windmeul 20, Allandale 0; Riverstones 10, Young Gardens 17; Vineyards 0, Laer Paarl 15; Young Standards 17, Violets 0. Derde spanne X Windmeul 19, Riverstones 22; Allandale 0, Violets 20; Young Gardens 20, Vineyards 0; Laer Paarl 0, Young Standards 26. o.12 X Vineyards 31, Windmeul 0; Young Standards 44, Laer Paarl 14; Young Gardens 10, Violets 12; Riverstones 10, Allandale 15. o.14 X Laer Paarl 5, Vineyards 0; Young Gardens 44, Riverstones 0; Windmeul 5, Allandale 5; Violets 3, Young Standards 22. o.16 X Vineyards 13, Young Standards 9; Laer Paarl 0, Windmeul 10.

Junior wedstryde begin Saterdag om 10:00 en senior wedstryde om 13:30.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za