Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Huguenot Tennisklub kry lewe

Huguenot Tennisklub kry lewe
 
2008-06-19


DIE Paarl Huguenot Tennisklub het nie verlede jaar aan die ligawedstryde van die Boland Tennisvereniging deelgeneem nie as gevolg van finansiële probleme en ouer lede wat belangstelling verloor het.

Maar sedert die begin van die jaar het ’n nuwe en positiewe gees in die klub posgevat wat aangemoedig is deur ’n groep jong, entoesiastiese lede met ’n voorliefde vir tennis.

’n Klubvergadering word Woensdag om 19:00 aan huis van welbekende tennismeester David Samaai gehou. Alle klublede en belangstellendes is welkom.

Die klub se standaard van spel is van so ’n gehalte dat Samaai, wat al aan die Franse Ope en Wimbledon kampioenskappe deelgeneem het, verwys na die sukses wat die klub in die verlede gehad het en nou weer verwesenlik kan word.

Onder sy leiding het sommige spelers in die klub Suid-Afrikaanse kampioene geword. Hy verwys met groot trots na Marcelino Winlock en Glen Samaai, en aan die vroue se kant voor hul troue was daar Vera du Plessis en Fiona Samaai wat ook top posisies beklee het.

Toe die Paarl Huguenot Tennisklub in 1971 gestig is, was dit baie duidelik dat dit prioriteit sou wees om tennis in Paarl-Oos te bevorder en uit te brei.

Die afrigting van juniors het sedert daardie tyd groot aandag geniet en word nog steeds deur die klub se eie afrigters, Frank Samaai, Aden Demas en Sean Adams, gehandhaaf onder die leiding van David Samaai - een van de meesterafrigters van die Suid-Afrikaanse Tennisafrigters Vereniging.

Daar is noue samewerking tussen die klub en skole in die omgewing soos Paarlzicht, William Lloyd, Ebenezer, Nederburg, Mary Help of Christians, Magnolia en Al- Azhar.

Leerlinge van die skole word by hul skole op die teervlak afgerig en dié wat vorder, kom na die tennisbane vir verdere afrigting.

Behalwe vir die feit dat baie van die spelers al Boland by interprovinsiale wedstryde verteenwoordig het, was die grootste sukses tot dusver toe Egon Samaai vir Suid-Afrika verteenwoordig het by die o.12 Internasionale toernooi in België. Hy is nou 14 jaar oud en speel reeds vir HJS se eerste span.

Vir enige navrae, kontak David Samaai by 021-862-1917 of Aden Demas by 076-156- 4328.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za