Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Roei uitheemse plante uit

Roei uitheemse plante uit
 
2005-07-07


DIE derde gemeenskapsuitkap is Saterdag by Silwerboomkloof op Paarlberg, van 14:00 tot 16:00.

Mense wat wil help om uitheemse plante tussen die fynbos op Paarlberg uit te kap, kom byeen by die Victoriadam T-aansluiting.

Bring asseblief handskoene, ’n pik of tuinvurk saam vir die verwydering van jong stinkboonbome en tee indien verlang. Drinkwater sal voorsien word.

Alle aktiwiteite is gratis en deelname is op eie risiko. Geen honde word in die Paarlberg Natuurreservaat toegelaat nie.

* Die stigtingsvergadering van die Vriende van Paarlberg vind plaas op Saterdag 13 Augustus, van 11:30 tot 13:00, direk na die oggenduitkapsessie (09:00-11:00).

Die vergadering vind plaas by die hoofpiekniekplek, Jan Phillipsbergpad, Paarlberg Natuurreservaat. Bring asseblief ’n piekniekmandjie vir middagete saam.

Let asseblief daarop dat u nie die uitkap hoef by te woon om die vergadering by te woon nie.

Enigiemand (enige ouderdom) wat omgee vir die bewaring van Paarlberg en wat graag betrokke wil raak by projekte, is welkom om dit by te woon.

Vir meer inligting, kontak Gael Campbell-Young by 872-8672 of 084-793-2876.



More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za