Verstaan en hanteer angs en depressie
2008-06-19
DIE angs-en depressie-ondersteuningsgroep vergader Maandag om 19:00 in die lesinglokaal van die Sereno Clinic. Die onderwerp vir bespreking is hoe om angs te hanteer en te verstaan. Die groep bied ondersteuning aan mense van alle ouderdomsgroepe wat depressie en angs ervaar, mense in hul herstelfase en gesinslede wat ondersteuning bied. Bywoning is gratis en almal is welkom. Die ondersteuningsgroep word gefasiliteer deur Christo Visser en Mientie Kroukamp. Vir meer besonderhede, skakel die fasiliteerders by 021-872-7466.
More
News
|