Uitvoering van kerkmusiek
2005-07-07
DIE jaarlikse Schützweek, wat kerklike koormusiek bevorder, sluit Saterdag met ’n volledige kerkmusiekuitvoering af. Dit vind om 19:30 in die NG Toringkerk plaas.
Die SA Heinrich Schütz Vereniging, vernoem na die vader van die Evangelie-verbonde kerkmusiek, Heinrich Schütz (1585-1672).
Die oogmerk van die week is om koorsangers prakties te laat deel in die hoë vlak instudering van daardie soort koorwerke wat die bestek van die normale kerkkoor oorskry: kerkkantates, dubbel- en meerkorige motette van die 16de tot die 18de eeu, koorwerke met instrumentale ensembles, á capella koorwerke uit die 19de eeu en moderne, eietydse komposisies.
Vir elke koorweek word ’n befaamde, professionele koorleier uit Duitsland genooi om die koorleiding te behartig.
Vanjaar se leier, kantor Heinz-Hermann Grube, is as hooforrelis en koorleier verbonde aan die Ev-Luth Johanneskirche in Lübbecke, Duitsland.
Navrae by Martin Stallman, 886-4361 ná 17:30.
More
News
|