Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Boishaai tref in doodsnikke

Boishaai tref in doodsnikke
 
2008-06-19

Jaco van Wyk

DIE gesegde, naelbytstryd, is oor die jare tot vervelens toe gebruik om ’n wedstryd te beskryf wat tot op die nippertjie nog in die weegskaal was.

Vrydagaand kon twee van die kragskole van die Paarl, Hoër Jongenskool Paarl en Hoër Landbouskool Boland, die woordeboeke net sowel herskryf het en ’n nuwe betekenis aan die woord geheg het, want ’n taaier kragmeting as dié sien mens nie aldag nie.

Of HJS gelukkig was om die kragmeting in die doodsnikke met een punt onder die neuse van die Landbouers te steel is ’n ope-vraag.

HJS het die stryd met 16-15 gewen, maar met die telling nog op 15-13 in die guns van Landbou met net ’n paar minute om te gaan, het HJS drie geleenthede gehad om driepunters aan te teken voor die einde van die wedstryd.

HJS se Neville Adams (skrumskakel) het egter, na ’n paar verbroude kanse om die wenpunte aan te teken, tot die laaste strafskop van die wedstryd gewag voordat hy uiteindelik as die held van die veld gedra is.

HJS se Jacobus du Plessis (vleuel) het die enigste drie van die wedstryd gedruk.

Adams het met ’n doelskop en twee strafdoele geslaag terwyl Edwin van der Walt (losskakel) ’n doelskop behaal het.

Vir Landbouskool het Bernard Kotzé (losskakel) vyf strafdoele behaal.

Met Hoërskool Gimnasium se verwoestende spel wat hulle weekliks afdwing op hul teenstanders, maak dit nie vir die Gimmies saak waar hulle speel nie.

Hulle het die naweek, op SACS se tuisveld, weereens gedans om hul teenstanders om die Kapenaars met 57-5 op te frommel.

Gim se agterlyn het hul bewegings op soveel spoed gedoen dat die tuisspan nie geblameer kan word dat die Paarliete nege drieë teen hulle ingeryg het nie. Gim se agterspelers was weereens goed ondersteun deur ’n uitstekende lostrio.

Gim het teen rustyd reeds ’n voorsprong van 40-0 geniet.

Die Gimmies se drieë is gedruk deur Martin Verhoeven (heelagter, 2), Petrus Theart (flank, 2), Louis Jordaan (senter, 2), JR Esterhuyzen (vleuel), Jaco Pretorius (vleuel) en Helmut Lehman (agtsteman).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za