DIE reünie van die Hugenote Hoërskool matriekklas van 1998 vind plaas die naweek van 15 Augustus.
Vrydagaand word om 19:00 by die Boskombuis buite Wellington gekuier.
Saterdag word saam uit ’n losie gekyk hoe die jong(er) manne dit op Bolandstadion teen Swartland uitspook.
Die koste vir Vrydagaand is R130 en vir Saterdag R90.
Bespreek by Jeanette (du Plessis) Orchard by 082-556-4999.