Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Kommer oor kruising

Kommer oor kruising
 
2005-07-07


KOMMER oor die beoogde aansluiting van Carolinaweg met die nuwe dubbelbaanpad tussen die N1 en Jan van Riebeekweg in die Paarl, is onlangs uitgespreek deur ‘n Drakenstein raadslid.

Deetlefs du Toit het na aanleiding van klagtes van die publiek ‘n ter plaatse inspeksie van die betrokke aansluiting gedoen saam met padingenieurs betrokke by die bou van die pad.

Daar is kommer dat die betrokke T-aansluiting van Carolinaweg by Jan van Riebeeckweg (Paryspad) te nou sal wees om die veilige in- en uitdraai van veral groot voertuie moontlik te maak.

Daar word ook gevrees dat dit vir alle voertuie (veral groter handelsvoertuie) onmoontlik sal wees om vanuit Carolinaweg veilig oor die pad te beweeg as hulle noordwaarts na die Paarl draai.

Noodlottige ongelukke word gevrees, omdat die spoedbeperking op die hoofpad 80 km sal wees.

Volgens ‘n eienaar van ‘n plaaslike vervoeronderneming, kan ‘n vragmotor tans tot 45 minute wag om ‘n gaping in die Paryspad se verkeer te kry.

Volgens Du Toit behoort voorsiening gemaak te word dat ‘n verkeerslig by die aansluiting aangebring kan word, wat ook al die koste (sowat R750 000).

“Die vraag is, wat is die waarde van ‘n lewe” vra Du Toit, “veral as ‘n mens in ag neem dat met die uitbreiding van woongebiede langs Klein Parys, die verkeer by hierdie kruising heelwat sal toeneem?

“Voorsiening word tans gemaak vir toekomstige verkeersligte by die aansluiting van die Paryspad met Arboretumweg as roete na die Paarl Mall, deur die installasie van kabelroetes onder die pad - dit behoort ook by hierdie kruising te gebeur om kostes op die lange duur te bespaar.”

“Met die nuwe dubbelbaanpad sal die deur-verkeer se spoed verhoog en die veilige oorsteek van die pad onmoontlik word.

“Uit die probleme wat reeds bestaan, is dit duidelik dat die navorsing oor verkeersvloei en die projeksies daarvan onvoldoende en verouderd was toe die aansluiting ontwerp is.”

“Die probleem op hierdie pad gaan soortgelyk wees as op die roete tussen Somerset-Wes en Stellenbosch waar verkeersligte by verskeie kruisings aangebring moes word, om die dodetal te verlaag.

“Dit is beter om nou al die veranderinge aan die ontwerp, asook die kontraktermyn, aan te bring, eerder as ná die tyd. Die provinsiale padowerheid sal hierdie besluit moet neem.”

Volgens ‘n woordvoerder van UWP, die raadgewende ingenieursfirma betrokke by die projek, word die versoek tans oorweeg deur die provinsiale owerhede.

* Concerns have been raised about the narrow junction of the reconstructed Jan van Riebeeck Drive with Carolina Road.



More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za