Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bande-steker tref weer in middedorp

Bande-steker tref weer in middedorp
 
2008-06-19


DIE bande-steker van die Paarlse middedorp is steeds besig met vandalisme.

Vrydagaand, terwyl Dirk Burger van 18:00 tot 18:45 saam met sy gesin in ’n braairestaurant geëet het, is die linkervoorband van sy motor weer stukkend gesteek.

Die motor was in die sekuriteitsparkering op Van der Lingenstraat geparkeer toe die vandaal toegeslaan het.

Burger was verlede week ook in die nuus nadat drie van sy motorbande stukkend gesteek is terwyl hy onlangs in Nuwestraat geparkeer het en in die gimnasium geoefen het.

Die steek in die sykant van die band is so klein, dat die skade eers die volgende oggend ontdek word wanneer die motoris sien die band is pap.

Die vermoede dat dit die handewerk was van ene Bruno, ’n straatslaper bekend vir sy aggressiewe houding teenoor motoriste, is Vrydagaand verkeerd bewys.

Bruno is vroeër verlede week in hegtenis geneem en word in Allandale Gevangenis aangehou nadat hy ’n polisieman in Nuwestraat aangerand het.

Video-materiaal van gebeure op Van der Lingenplein word nou nagegaan om die booswig wat Burger se band bygekom het, aan die kaak te stel.

* The puncturing of tyres on Van der Lingen Square in central Paarl, is continuing.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za