Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stasie byna paraat

Stasie byna paraat
 
2008-06-19


BOUWERK aan die langverwagte nuwe Paarl-Oos polisiestasie gaan eersdaags voltooi wees.

Hierdie spogpolisiestasie langs die Allandale-tronk, wat teen ’n koste van R29 miljoen gebou word, behoort teen Oktober in gebruik geneem te word.

Die bou van ’n nuwe polisiestasie om die gemeenskap van PaarlOos te dien, kom nie ’n dag te vroeg nie.

Die huidige stasie is byna 50 jaar oud en bars behoorlik uit sy nate uit.

Destyds het dié gebou in Klein Drakensteinweg slegs sewe personeellede gehuisves, en vandag werk meer as 110 lede hier.

Weens spasieprobleme moet die Paarl-Oos speurtak van 34 lede in Sentraal-Paarl gehuisves word. Hierdie oplossing is om logistieke doeleindes heeltemal onprakties weens die afstand.

Die nuwe gebou is ’n indrukwekkende, moderne enkelverdieping siersteengebou van 3900m².

Dit is ontwerp om ’n aangename, doeltreffende werksomgewing vir personeel te skep, terwyl dit terselfdertyd ook ’n vriendelike en gemaklike omgewing vir die publiek sal bied.

’n Polisiewoordvoerder het gesê dat hulle nie kan wag om

hul intrek by die nuwe polisiestasie te neem nie.

“Ons is seker dat ons nou nog beter dienslewering sal kan lewer vir die groeiende gemeenskap van Paarl-Oos.

* The new Paarl East police station is nearing completion.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za