Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Musiek vir oud en jonk

Musiek vir oud en jonk
 
2008-06-26


BY die Ou Meul-teater in die Paarl word daar musiek verskaf vir oud en jonk.

Vrydag en Saterdag om 20:00 bied Zamar ’n wye verskeidenheid van klanke, instrumentaal en vokaal, asook unieke verwerkings wat almal se smaak sal prikkel.

Hul program is vol diversiteit met verrassingselemente – ’n ware siësta vir die hele familie. Kaartjies is R80.

* Skerp soos lemme is daai tonge van Cutt Glas wat Sondag om 20:00 optree. As hulle sing, so sommer vanself op die noot, so sit-sit so, sal jy skater vir dié handvol as hulle nie sing nie.

As hulle sing, moet jy liewer luister. Kaartjies is R100.

* Die mooi rooikop, Helené Bester, met die helder stem het beslis geen bekendstelling nodig nie. Sy tree op Vrydag 4 Julie om 20:00 op.

Sy sing reeds van 1997 en het verseker al ’n draai gemaak by al die kunstefeeste, op ons kassies betower sy op musiekprogramme en sy tree gereeld saam met die room van Suid-Afrikaanse kunstenaars op.

Van die Huisgenoot Skouspel, oor 1000de verhoë kom sy vir slegs een vertoning na die Wes-Kaap.

Moet dit verseker nie misloop nie. Kaartjie is R80.

Vir besprekings, skakel Vicky Stemmet by 083-564-0056.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za