Motoriste vasgetrek
2005-07-07
MEER as 70 motoriste is Vrydag- en Saterdagnag vir verkeersoortredings in die Paarl beboet vir padwaardigheid en ry sonder lisensie.
Verkeersbeamptes en die polisie het nagte van 23:00 tot soggens 04:00 die Distillerystraatomgewing gemonitor.
Daar is toe geen aanstaltes gemaak met die spoedrenne wat onwettig daar gehou word nie. Die toeskouers en beweerde deelnemers wat oudergewoonte opgedaag het, het hulle in die verkeersmanne vasgeloop.
More
News
|